Country Offices Contact

'Namibiers baat by nuwe fonds'

The Republikein newspaper in Namibia published an article on the establishment of a risk equalization fund by medical aid administrators Prosperity Life and Methealth, called HEALTH-IS-VITAL (HIVREF).

  • Jun 16, 2006

Namibiers baat by nuwe fonds
Republikein, Namibia, 7 juni 2006

PROSPERITY Life en Methealth het saam ‘n nuwe fonds, die Health-is-Vital Risk Equalisation Fund in Windhoek bekend gestel. Hierdie fonds is ‘n platform waarin alle versekerde werkgewende groepe of onversekerde werkgewende groepe kan deel in die verdeling van die finansiële risiko wat MIV/vigs teweeg bring, deur maandeliks ‘n minimale premie by te dra. Dit is dus nuwe laekoste mediese dekking wat spesifiek ontwerp is vir Namibiërs wat werk, maar nie verseker is nie.

Die besluit om die fonds te stig, wentel om nasionale statistiek in Namibië wat daarop dui dat een in elke vyf mense in die land MIV-positief is. Baie van die mense wat besmet is en deur MIV/vigs geraak word, is betrokke by formele en informele ekonomiese aktiwiteite en met die meeste wat tans op die toppunt van produktiwiteit is, is hul bydrae noodsaaklik vir ekonomiese groei en nasionale ontwikkeling.
In die geval van besigheid, is MIV/vigs ‘n voortslepende terugslag wat winsgewendheid en volhoubaarheid kniehalter. Dit is dus belangrik vir elkeen om te verstaan en die waarheid te aanvaar dat MIV/vigs gesinne dwarsdeur die wêreld verwoes. Op ‘n emosionele vlak eis hierdie pandemie sy tol op mense wat nie net die hartseer moet hanteer nie, maar ook met die finansiële implikasieste kampe het.

Tog kan die behandeling van MIV/vigs in die sakewêreld bestuur word en hoewel daar geen kuur is nie, kan mense wat met MIV/vigs besmet is langer, meer produktiewe lewens lei.
Deur middel van die Health-is-Vital Equalisation Fund is behandeling en basiese gesondheidsorg beskikbaar vir diegene wat dit voorheen nie kon bekostig nie.
Die vestiging van hierdie fonds maak dit vir die nywerheid moontlik om die risiko te deel en hulpbronne te snoer in ‘n grooter teikengroep, deur die risiko van die huidige versekerde bevolking te inkorporeer, deur die deelname van bestaande mediese fondse en die deelname van die tans onversekerde deel van die bevolking.
MyHealth Administrators, ‘n gesamentlike Prosperity en Methealth-inisiatief, is gevestig om die Health-is-Vital Risk Equalisation Fund te bestuur en om professionele bestuursdienste te bied.